Skip to content

U organisasie

U organisasie het gekies om die SpeakUp®-kommunikasiestelsel wat People Intouch B.V. (“ons” ontwikkel het, aan u beskikbaar te stel.

People Intouch B.V. is gesetel in Nederland in die Europese Unie (EU) en ons is daarom verbind tot die EU GDPR (Algemene Data-beskermingsregulasie) wat een van die persoonlikste databeskermingsregulasies ter wêreld is.

Hierdie Verklaring van Privaatheid is op u van toepassing wanneer u SpeakUp® gebruik om met u organisasie te kommunikeer.

Meer oor SpeakUp®

Deur middel van SpeakUp®, kan u ʼn verslag oplaai en binne die SpeakUp®-omgewing ʼn veilige en vertroulike gesprek met u organisasie begin.

U organisasie is daarvoor verantwoordelik om u persoonlike data deur middel van SpeakUp® te verwerk en bly in beheer van die data. Indien u enige vrae oor SpeakUp® het, en hoe u persoonlike data verwerk sal word, kontak asseblief u organisasie of gaan hulle SpeakUp en/of privaatheidsbeleid na. People Intouch is die dataverwerker en ons neem daardie rol baie ernstig op. Dit beteken dat ons aan u die beste moontlike veilige manier verskaf om met u organisasie te kommunikeer.

U privaatheid is vir ons belangrik. Ons wil hê u moet veilig voel terwyl u SpeakUp® gebruik en wil u graag oor die volgende inlig:

Sensitiewe data

Speakup is nie bedoel om oor sensitiewe persoonlike data soos ras, gesondheidsdata, politieke uitkyke, filosofiese denke (gelowig of ateïsties ens.), seksuele oriëntasie of wetlike geskiedenis te kommunikeer nie. Ons versoek u vriendelik om dit in gedagte te hou wanneer u SpeakUp® gebruik.

Minderjariges

Indien u ʼn minderjarige is, sal u organisasie die toestemming van u ouers of voogde moet kry om SpeakUp® te gebruik, indien dit wetlik vereis word.

Hoe dit werk

Wat gebeur met ʼn verslag wat deur middel van SpeakUp® gelaai word?

Die inhoud van die verslag word met u organisasie gedeel en sal slegs aangewend en verwerk word vir die doel waarvoor u organisasie SpeakUp® wil gebruik. Verslae word altyd op skrif met u organisasie gedeel. Oudioverslae word getranskribeer voordat hulle gedeel word en die oudiolêer word outomaties geskrap. U kan E-poskennisgewings of afdruk-kennisgewings vir SpeakUp® aktiveer. U kan te enige tyd, deur middel van u toestel se instellings, afdruk-kennisgewings vir die SpeakUp® mobiele app de-aktiveer. Gaan u organisasie se SpeakUp-beleid en/of privaatheidsbeleid na vir meer besonderhede oor wat met ʼn verslag gebeur wat deur middel van SpeakUp® gelaai is.

Anonimiteit

Wanneer u ʼn verslag deur middel van SpeakUp® oplaai, kan u besluit om u identiteit met u organisasie te deel of om anoniem te bly. Indien u persoonlike besonderhede in u verslag deel, sal u organisasie dit verwerk wanneer hulle u verslag hanteer.

Waarom word persoonlike data verwerk wanneer SpeakUp® gebruik word?

Die verwerking van persoonlike data deur middel van SpeakUp® is nodig:

Watter data word verwerk?

Sekere data wat u verskaf, word outomaties versamel wanneer SpeakUp® gebruik word en sal nie met u organisasie gedeel word nie. Hierdie data word verwerk om u van al die funksies van Speakup te voorsien, vir verifikasiedoeleindes (indien dit geaktiveer word; bv. E-posadres), om ʼn veilige verbinding met u toestel te verseker en om sekuriteitsgevare of ander kwaadwillige aktiwiteit te voorkom en na te speur. Hierdie inligting sal nooit vir ʼn ander doel gebruik word nie en sal slegs bewaar word so lank dit nodig is vir doel daarvan, tensy hierdie tydperk as gevolg van kwaadwillige aktiwiteit verleng word.

Datasekuriteit

People Intouch het omvattende stappe gedoen om die verlies, wanaanwending of verandering van u persoonlike data te voorkom. Alle data word geënkripteer wanneer dit deur middel van Speakup®-web en die Speakup® mobiele app gestuur word. 

Koekies

Wanneer u die SpeakUp®-web besoek, word koekies vir daardie sessie gebruik om veilige kommunikasie te voorsien. Hierdie sessie se koekiedata sal na twee (2) uur geskrap word. U kan u blaaier-instellings gebruik om koekies te skrap, te deaktiveer of te blok.

Veranderinge

People Intouch wil u graag op die beste manier moontlik ingelig hou, en kan van tyd tot tyd hierdie Verklaring van Privaatheid aanpas.

Wat is u regte?

U organisasie is verantwoordelik vir die verwerking van u persoonlike data en om u regte wat uit die toepaslike wetgewing oor databeveiliging voortspruit, te verseker. Gaan asseblief u organisasie se SpeakUp-beleid en/of Privaatheidsbeleid na vir meer inligting oor die verwerking van persoonlike data deur u organisasie en u regte op die beskerming van u data.

Voorheen verander op 12 Julie 2022

***